Fotokompetisie 2017 – 2018

Ons nooi besoekers aan die Weskus uit om deel te neem aan ons Flaminkevlei Waterfront Foto Kompetisie.
Die doel  is om die fantastiese moontlikhede wat die Weskus, en spesifiek die Bergriviermond / Velddrif area, vir foto-entoesiaste bied, bekend te stel.   Ons wil bitter graag ook jou beste fotos hierby insluit.
Ons soek na fotos wat die kyker se oog sal vang en die oorvloedige natuurskoon van die Weskus ten toon sal stel.   Daar is vele moontlike onderwerpe om vanuit te kies en vir die 2017-18 kompetisie het ons besluit op die volgende:

Kategorieë vir die Kompetisie

Blommetyd - weskusblomme van die omgewing — fotos geneem in die area soos aangedui op die kaart hier onder.
Voëllewe - verkieslik fotos voëls wat by die Bergrivier in Velddrif geneem is.
In en Rondom Velddrif - enige fotos van die omgewing of vakansie aktiwiteite in die Velddrif area:

Velddrif Area for Photo Competition

Reëls vir die Kompetisie

  • Inskrywings is gratis.
  • Slegs amateur fotograwe (dit is persone wat nie voltyds fotos neem nie), mag inskryf vir die kompetisie.
  • Deelnemers mag slegs foto’s inskryf wat hulleself geneem het, m.a.w. hulle moet die kopiereg op die foto besit.
  • Al die fotos wat ingeskryf is, word die eiendom van FVWF vir onbeperkte gebruik.   Die fotograaf sal altyd erkenning ontvang.
  • Foto’s moet groter as 1,4 Mb wees, maar verkieslik nie groter as 3Mb nie.  Dit moet in Jpg-formaat wees en nie kleiner as 15 cm X 20 cm nie.
  • Slegs inskrywings wat per epos gestuur word, kan kwalifiseer vir die kompetisie.
  • Persone op fotos wat van naby geneem is, moet geïdentifiseer word deur hul name en vanne vir ons te verskaf.
  • Deelnemers word gevra om oorspronklike, onveranderde foto’s te stuur.  Fotos wat "gecrop" is word nie as geredigeer beskou nie en word aanvaar.
  • Werknemers van FVWF mag nie deelneem nie
  • Die wen fotos sal aangewys word deur 'n paneel van beoordelaars. 

Eerste prys:

Verblyf vir twee persone vir 3 nagte by FVWF, +
’n afdruk van die wen foto op ’n A1 geblokte doek

Tweede prys:

Verblyf vir twee persone vir 2 nagte by FVWF

Derde prys:

’n R1,000 FVWF geskenkbewys, geldig vir 1 jaar

Let wel verblyf besprekings vir enige van die pryse kan slegs op hierdie webblad gedoen word, vir die tydperk vanaf 1 Julie 2018 tot 14 Desember 2018.  

Stuur inskrywings saam met die onderstaande inligting na: rina@flaminkevlei.co.za

Naam en van
Kontak nommer
Datum en plek waar die foto geneem is
Titel, boodskap of beskrywing wat jy by die foto wil voeg (opsioneel)
Sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 11 Junie 2018.  Fotos wat na hierdie datum ontvang word, sal kwalifiseer vir die 2018—2019 kompetisie.
Dit is deelnemers se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle die reëls van die kompetisie verstaan en daarby hou.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie in die verband sal gevoer word nie.

 

Posted in Uncategorized.